Editor's choiceNewsSchools

Jeugland se redenaars blink uit

Twee spanne stap met die louere weg

HOËRSKOOL Jeugland het koning gekraai by die Gauteng Interskole-redenaarskompetisie op 4 Junie.

Die provinsiale kompetisie word in samewerking met die organiseerders van die National Arts Association aangebied en gee aan deelnemers die geleentheid om op provinsiale vlak deel te neem.

Vier spanne van Jeugland het deelgeneem, asook JD Beetge, wat as individuele spreker ingeskryf het.

JD het ’n algehele derde plek behaal met ’n A-simbool. Al die Jeugies het hul provinsiale balkies ontvang.

Die graad nege span het 92% (A++) behaal, die graad 10 span 93% (A++), die graad 11 span 95% (A++ en algehele wenners) en die forumspan 95% (A++ en trofeewenners).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button