Riebies vier hemelvaart

Ds Theo van Rensburg het ‘n inspirerende boodskap van hoop en wederkoms gebring

OP 5 Mei het Laerskool van Riebeeckpark opnuut beslag gegee aan Jesus se opdrag in Markus 16:14-20, naamlik: Om die evangelie die wêreld in te dra.

Sowat 900 Riebies het vroegoggend na die NG Gemeente Hoogland gestap. Ouers, kinders en onderwysers het in stille dankbaarheid die geleentheid gebruik om hemelvaart te vier.

Ds Theo van Rensburg het ’n inspirerende boodskap van hoop en wederkoms gebring. Elke dissipel, groot en klein, het met geesdrif aan die lofprysing en aanbidding deelgeneem.

Lees ook:

Impies vier Hemelvaart met ballonne

Volgens Vivian Botha, skoolhoof van Laerskool Van Riebeeckpark, was dit ’n enorme voorreg vir die skool om hemelvaart op dié wyse te vier. “Ons Bybelse opdrag is duidelik en ons probeer dit ook as skool uitleef: Geloof, hoop en liefde vir almal. Daarom bou ons as skoolgemeenskap aktief aan ’n toekoms waarin almal, ongeag taal, kultuur en geloof, ’n regmatige plek het.

“Ons skool is ’n mikrokosmos van ons wonderlike diverse land en daarom poog ons sover moontlik om deur die land se leuse van Eenheid in Verskeidenheid vir elke leerder die geleentheid te bied om sy of haar oortuigings onbeskaamd uit te leef.

“By die Riebies is daar vir elkeen ’n plek in die son, want deur dít vir ons kinders te leer, bou ons nie net aan ’n blywende nalatenskap nie, maar word geloof, hoop en liefde prakties. Soos dit hoort,” het Botha gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version