Impies vier Hemelvaart met ballonne

Meer as 1 300 ballonne is losgelaat

LAERSKOOL Impala het op 5 Mei Hemelvaart vir die vierde opeenvolgende jaar gevier deur meer as 1 300 ballonne in die lug los te laat.

Die ballonne het die skool en CSV se wapens op gehad sodat waar ookal die ballon uitkom, daardie mense sal weet dat die Impies se boodskap Jesus se liefde simboliseer.

Die skoolhoof,  Theo Gouws, en die hoofleiers het die eerste ballonne losgelaat.

“Ons sê dankie aan al die ouers wat vanjaar by die werk afgevat het om hierdie asemrowende gebeurtenis saam met ons te beleef en ook aan Alta, Michelle en Jacques vir hul harde werk om die ballonne vir ons moontlik te maak elke jaar,” het Gouws gesê.

Die Impies het elkeen ’n armband ontvang waarop die skrifgedeelte uit Titus 2:11, “Die reddingstou van genade swaai vir almal,” geskryf staan.

Sien nog foto’s hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version