NewsSchools

Laerskool Edleen se nuwe Graad Eens glimlag

Daar is nou nuwe Engelse Graad Een klasse by dié skool.

Sowat 110 Graad Een-leerders is Woensdag by Laerskool Edleen vir die nuwe skooljaar verwelkom.

Skoolhoof Hannes Roodt sê dié proses het glad verloop.

“Hier was geen probleem nie. Ons het nou drie Afrikaanse klasse en twee Engelse klasse vir die Graad Eens,” het Roodt gesê.

Roodt het bygevoeg dat, anders as vele ander skole regoor die land, was Laerskool Edleen die eerste-dag-van-skool-trane gespaar.

“Geen kinders het gehuil nie. Ons is baie gelukkig dat 80 persent van ons nuwe leerders ook in ons pre-primêre skool was. Aangesien dit op die skoolgronde is, is hulle reeds vertroud met die gronde.”

Graad Een juffrou Elaine du Preez was besig om vir haar 28 nuwelinge klas te gee toe EXPRESS gaan inloer het. “Almal was vanoggend baie opgewonde om met skool te begin. Hulle het geglimlag en kon nie wag om in hul klasse te kom nie.

“Niemand het gehuil nie en ek glo dit is hoe dit sal bly vir die res van die dag,” het sy gesê.

Du Preez het bygevoeg dat hulle vroeg reeds vir dié leerders se ouers en voogde gerus gestel het.

“In die saal, waar ons ’n stukkie uit die Bybel gelees het, het ons ook vir die ouers gesê dat ons mooi na hul kinders sal kyk.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button