Reuse braai op Nasionale Braaidag

‘n Reuse braai met boeremusiek, stalletjies en ander kos word op Nasionale Braaidag op 24 September by die Portugese kerksaal, Van Wykstraat 25, Brentwoodpark, gehou.

Boeremusiek word deur 11 top boeremusiekorkeste verskaf. Bring jou eie vleis, drankies en eetgoed saam. Gratis vure, pap en sous sal voorsien word.

Toegang is R65 ‘n persoon en die verrigtinge begin om 11vm en duur tot middernag.

Vir meer besonderhede, skakel Johan by 072-614-3639.

Back to top button