Radio Raps kom maak ‘n ‘genuine’ draai

Genuine!, ‘n eenmanstuk aangebied deur Jonathan van Radio Raps, word van 15-17 Junie in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace aangebied.

Op ‘n skreeusnaakse manier wys Jonathan ons op ons eie menslikheid, ons weerloosheid en dit wat die mens die uniekste spesie maak.

“Genuine, boys, ons moet dit ernstig oorweeg om onsself nie so ernstig op te neem nie,” sê hy.

Die vertoning op 15 en 16 Junie begin om 8nm en op 17 Junie om 3nm.

Kaartjies kos R180.

Exit mobile version