Pieter Smith hou konsert by Kairosteater

Die gewilde Pieter Smith kuier op 15 Augustus by die Kairosteater in Van Riebeeck Park.

Pieter se vertonings is vars, gelaai met energie en bied ʼn wye verskeidenheid.

Kaartjies kos R150 (volwassenes) en R100 (skoliere) onder by die tafels en R120 (volwassenes) en R 00 (skoliere) op die galery. Teatergangers kan hul eie kosmandjies vir die geleentheid pak. Koffie, tee en sjerrie is gratis beskikbaar.

Die teater is geleë is op die perseel van die NG Gemeente Kempton Hoogland in De Wiekusweg. Die konsert begin om 7nm vir 7.30nm.

Skakel Annatjie Krige by 082 454 3520 vir besprekings.

Exit mobile version