NHN hou seminaar oor gewaardeerde menslike deugde

DIE Nuwe Hervorming Netwerk hou die naweek van 19-20 Augustus ‘n seminaar by die Midrand CMA Konferensiesentrum met die tema: “Gewaardeerde menslike deugde”.

Die sprekers is prof Johan Snyman, wat sal praat oor deugde: die klassieke siening nagespeur in ‘n 21ste-eeuse konteks; Sorette Roose van Jaarsveld oor ‘n sin vir betekenis en hoop; dr Gerhard Bothma oor die gif in vergifnis: hoe gemaak daarmee; Willem Semmelink oor ‘n sin vir prag en wonder; dr Deon van Zyl oor liefde as toegepaste omgee en ‘n “Pecha Kucha”-sessie oor durf, deursettings- en terugbonsvermoë.

Alle lede van die publiek is welkom. Die koste, wat verversings, Saterdagmiddag- en aandete, vermaak Saterdagaand en veilige parkering insluit, is R400 vir NHN-lede en R500 vir nie-lede.

Om te bespreek, epos Corlia Reitmann by corliareitmann@telkomsa.net of skakel haar by 083 556 8711.

Exit mobile version