NG Kerk Kempton-Kruin bied kindernaweek aan

DIE kinderbediening van die NG Gemeente Kempton-Kruin bied vanjaar sy sewende kindernaweek vanaf 22-24 September aan.

Die naweek is spesiaal vir alle kinders van vier tot 13 jaar en is propvol pret en opwindende aktiwiteite.

Die tema vir vanjaar se kindernaweek is Emoji, waartydens gefokus gaan word op die vorming en uitbouing van kinders se emosionele intelligensie. Die leuse vir die naweek is Emosies met Jesus Insync.

Die naweek skop die Vrydag af met registrasie van 4nm tot 6nm by die kerk. ’n Groot hoogtepunt van die naweek is die premier van The Emoji Movie, wat die groep om 7nm by Nu Metro by Emperors Palace gaan kyk.

Inskrywings sluit op 14 September.

Inskrywings kan gedoen word by die kerkkantoor (Maandae tot Vrydae 7.30vm tot 4nm), Kruin-Kerk App (onder kerkbesprekings), Sondae (3 en 10 September) by die kinderkerk of e-pos kinders@kruin-kerk.co.za

Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 011 391 1343 of Michelle van Tonder by 083 649 8301.

Back to top button