Neels van Jaarsveld is Kairosteater se eerste gaskunstenaar

Die bekende akteur Neels van Jaarsveld is die gaskunstenaar by Kairosteater se konsert op 14 Maart met sy eenmanvertoning ”OP MY EISH!”

Neels het bekendheid verwerf met die “met eish ja”-advertensie jare gelede en is deesdae bekend vir sy werk op televisie (Binnelanders, Vloeksteen, Fluiters, Waterfront) op die verhoog en in flieks (Jagveld, Knysna, Vir die Voëls).

Die vertoning, gelaai met humor en erns, gee ‘n blik op sy eie lewe vol hoogtepunte en laagtepunte en gaan teatergangers laat lag en trane afdroog.

Kaartjies kos R150 (volwassenes) en R100 (skoliere) onder by die tafels en R120 (volwassenes) en R100 (skoliere) op die galery. Teatergangers kan hul eie kosmandjies vir die geleentheid pak.

Koffie, tee en sjerrie is gratis beskikbaar. Die teater is geleë is op die perseel van die NG Gemeente Kempton Hoogland (85 De Wiekusweg, Van Riebeeck Park) en die konsert begin om 7nm vir 7.30nm.

Skakel Annatjie Krige by 082 454 3520 vir besprekings.

Exit mobile version