Lance James sing by NG Edleen se ‘barnyard’

Die NG Gemeente Edleen hou op 13 Oktober sy eie ‘barnyard’ met die immergewilde Lance James as die kunstenaar.

Die ‘barnyard’, wat by die kerk op die hoek van Amarillo- en Aandblomstrate gehou word, begin om 10.30vm wanneer heerlike eetgoed te koop sal wees.

James tree van 12nm tot 12.30nm op, waarna pouse volg. James is terug op die verhoog van 1nm tot 1.30nm.
Die dag se spyskaart sluit in: biefburgers (R25), boereworsrolletjies (R25, vleis oor die kole gebraai), slap tjips (R10), roomys (R12), koffie en tee (R5), Cuppuccino (R10) en koeldrank (R10).

Kaartjies kos R80 volwassenes, R60 skoolgaande kinders en voorskoolse kinders is gratis.

Bespreek by Sonja by die kerkkantoor by 011 976 3204, of Thea by 082 771 9209.

Back to top button