Krone 5 vir eerste keer in Pretoria

Suid-Afrika se gunsteling saamsing-jol, waar jy jou gunsteling musieksterre in konsert kan sien, is vanjaar vir die eerste keer in Pretoria.

Krone 5 sal op 28 en 29 Julie by die Sun Arena by Time Square in Menlyn die dak laat bewe met die klanke van immergewilde treffers wat deur van Suid-Afrika se top kunstenaars uitgevoer sal word.

Die kunstenaars by vanjaar se Krone-konserte is Andriëtte Norman, Brendan Peyper, Elandré Schwartz, Elizma Theron, Franja du Plessis, Jo Black, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Liezel Pieters, Manie Jackson, Nadine, Nicholis Louw, Ray Dylan, Refentse, Ricus Nel, Robbie Wessels, Ruan Josh en Snotkop.

Al die treffers word saamgestring in energiebelaaide, slimverwerkte keurspelle met woorde wat op die grootskerms vertoon word sodat die gehoor en aanhangers kliphard kan saamsing.

Kaartjies is nou beskikbaar by iTickets.co.za.

Back to top button