Kempton-Kruin se vroue vier Vrouedag met heerlike oggend

Kempton-Kruin se vroue bied hulle jaarlikse Vrouedagvierings op 26 Augustus in die kerksaal van die NG Gemeente Kempton-Kruin aan.

Die tema vir vanjaar is waag om te verander.

Die bekende ds Liesel Krause Wiid gaan die hoofspreker wees. Vroue gaan leer van wat is ons dieet om te verander en dan is daar ook ‘n Kersfees-chefverrassing. Rian Swanepoel sal vir die musiek en sang sorg.

Daar sal ook verskeie uitstallings wees.

Die funksie duur van 8.15vm tot 1nm by die kerk in Fiskaalstraat. Die koste is R150, wat ‘n ligte ete insluit.

Vir besprekings, skakel die kerkkantoor by 011 391 1343.

Exit mobile version