Huwelikskursus vir egpare by NG Kempton-Kruin aangebied

DR Danie Malan van die NG Kerk Kempton-Kruin bied op 2 September ‘n huwelikskursus aan. Die tema is “Liefde vat vlam”.

Die doel van die kursus is om paartjies wat wil trou toe te rus asook om getroude pare te help om beter te kommunikeer en mekaar opnuut te waardeer en saam die Here te dien.

Praktiese wenke oor rolverdeling, kommunikasie, konflikhantering, tydsbestuur en begrip vir mekaar se seksuele behoeftes word bespreek. Daar word ook gekyk na persoonlikhede en sosiale style van interaksie.

Dit word baie informeel en prakties aangebied en daar word geleentheid vir alleen saamgesels vir elke paartjie gegee.

Die kursus word van 9vm tot 1nm by die kerk in Fiskaalstraat aangebied.

‘n Inskrywingsfooi van R450 per paartjie, wat ‘n ete insluit, word gevra. Alle ouderdomme is welkom.

Om te bespreek, skakel die kerkkantoor by 011 391 1343.

Exit mobile version