Hollandse mark by Oranjehof Aftree-oord

Oranjehof Aftree-oord hou op 3 November weer ‘n Hollandse mark.

Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid stalletjies met Hollandse sowel as Suid-Afrikaanse produkte, waaronder drop, haring, oliebolle, kaas, krokette, pannekoek, melktert, konfyt, fudge en nog meer.

Daar sal ‘n springkasteel vir die kinders wees.

Die mark vind plaas vanaf 8.30vm tot 2nm by die tuiste in Ascolonastraat in Bonaero Park.

Vir meer besonderhede, skakel Martha of Ria by 011 973 3019 of 071 642 9456.

Exit mobile version