Helena Ceronio hou konsert by kerk

‘n SANGAAND met Helena Ceronio word op 27 Oktober by die Hervormde Gemeente Makarios aangebied.

Die konsert begin om 7nm vir 8nm by die kerk op die hoek van Nagtegal- en Lepelaarstrate in Birch Acres.

Kaartjies kos R130 volwassenes en R80 kinders onder 12 jaar. Voorskoolse kinders is gratis. Die prys sluit ligte verversings in

Besprekings kan gedoen word by die kerkkantoor op Maandae, Woensdae en Vrydae  by 011 976 4847 van 9vm tot 1nm of by Chris Vlok by 084 710 5934.

Back to top button