Gebedskursus by NG Kruin

DIE NG Gemeente Kempton-Kruin en Sinode Hoëveld bied op 4 Maart vanaf 7vm tot 11.30vm ‘n gebedskursus aan.

Bekende sprekers soos dr Johan Smith en prof Stephan Joubert vorm deel van die program.

Die program lyk soos volg:

7vm – inskrywings;
7:30vm – dr Johan Smith (huise wat bid, kommunikeer goed);
8:30vm – ontbyt;
9:30vm – dr Danie Malan (wat doen gebed aan die wêreld om my);
10:30vm – bid is lekker.

Daar is ‘n program vir die kinders ook met dr Johan Smith en Jan Nel.

Die koste beloop R100 volwassenes en R50 kinders.

Inskrywingsvorms is op die webwerf by www.kruin-kerk.co.za en by die kerkkantoor beskikbaar.

Vir enige navrae, skakel die kerkkantoor by 011-391-1343.

Exit mobile version