DJ Ossewa kuier by Kairosteater in Van Riebeeck Park

Die bekende en gewilde DJ Ossewa kuier op 23 Mei by die Kairosteater in De Wiekusweg.

Die komiese aanslag wat oud en jonk bekoor sal die lagspiere prikkel. Stukkie van der Merwe is een van hul bekendste liedjies.

Kaartjies kos R150 (volwassenes) en R100 (skoliere) onder by die tafels en R120 (volwassenes) en R100 (skol iere) op die galery. Teatergangers kan hul eie kosmandjies vir die geleentheid pak. Koffie, tee en sjerrie is gratis beskikbaar.

Die konsert begin om 7nm vir 7.30nm.

Skakel Annatjie Krige by 082 454-3520 vir besprekings.

Back to top button