Craig du Toit Nel tree op by In2Africa

CRAIG du Toit Nel bied sy vertoning, Van Toeka tot Nou, op 30 September in Pomona aan.

Die geleentheid word deur Kemptonparkers Reborn gereël om fondse in te samel om weeklikse kospakkies, klere en nog meer aan 10 behoeftige gesinne te verskaf.

Kaartjies kos R180 elk, wat ‘n vingerete en sap insluit.

Die funksie duur van 10vm tot 1nm by In2Africa, High Road 12.

Besprekings kan gedoen word by Karien by 084-913-0449.

Exit mobile version