Boeremusiekfees in Boksburg

Diamant4 Oos-Rand bied op 14 April ‘n boeremusiekfees aan in die Impala-saal, h/v Atlasweg en Elizabethstraat in Boksburg.

Vanaf 10vm tot laataand sal daar verskeie orkeste optree.

Eie eet- en drinkgoed is welkom. Kos en pannekoek sal ook te koop wees.

Kaartjies kos R80 per persoon en kinders onder 12 is gratis. Drag is semi-formeel, maar geen kortbroeke en plakkies word toegelaat nie

Vir meer inligting, skakel Johan by 072 614 3639.

Exit mobile version