Boeremarkfees by Laerskool Edleen

‘n Boeremarkfees word op 29 September deur die Lede in Christus-kerk by Laerskool Edleen gehou.

Nie net kan daar lekker pryse gewen word nie, maar besoekers kan ook aan boeresport en speletjies deelneem. ‘n Verskeidenheid kos- en kunsstalletjies sal almal besig hou.

Kaartjies teen R50 elk sal verkoop word en die eerste prys is verblyf by Mabalingwe gedurende die week. Die tweede prys is ‘n blouwildebees-karkas en die derde prys ‘n tweebal by Serengeti Gholfklub.

Om aan die boeresport deel te neem kos R20 en speletjies kos R5. Daar sal ook musiek deur die dag wees.

Toegang is gratis en die fees duur van 8vm tot 4nm.

Exit mobile version