Boeremark by In2Africa

‘n Boeremark en ekspo word op Saterdag, 26 November by In2 Africa in Highweg, Pomona aangebied.

Die dag se program sluit in die Oos-Rand lasersportkampioenskappe, boeresport, toutrek (Bulls- vs Lions-ondersteuners), sang, speelpark vir kinders, karaoke, Mej Boerenooi, potjiekos, eetgoed en ‘n bier- en teetuin.
‘n Ete en dans word vanaf 7nm aangebied.

Die mark is vanaf 9vm oop. Skakel Liz by 078-606-2035.

Exit mobile version