Boeredans in Pomona ten bate van CANSA

Die Witwatersrandtak van die Boeremusiekgilde hou op 26 Mei ‘n dans by Hamba Nawe, Pomonaweg 75 ten bate van CANSA.

Die vind plaas vanaf 3nm tot 11.45nm.

Toegang is R50 vir lede en R70 vir nie-lede.

Braaivleisvure sal brand, pap en sous sal beskikbaar wees, asook ‘n kontantkroeg.

Jy mag ook jou eie verversings saambring.

Besprekings kan gedoen word by Ilze by 072 610 4913.

Back to top button