Bobby en Karlien maak harte oop in, ‘In ons Skoene’

Die gewilde broer en suster, Bobby en Karlien van Jaarsveld, bied op 21 Maart In ons Skoene aan in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace.

Tydens die 90-minuut produksie sal die twee nie net van hul gewildste treffers sing nie, maar ook meer vertel oor hul lewens en hoe dit voel om in hul skoene te staan.

‘n Vyfstuk orkes sal die twee begelei.

Die vertoning begin om 5.30nm en kaartjies kos R250 of R600 (VIP).

Back to top button