Birchleigh hou eerste markdag

DIE gemeenskap van Birchleigh hou op 28 Oktober vanaf 8vm hul eerste markdag.

Inwoners is welkom om die mark te besoek. Daar is gratis springkastele vir die kinders.
Stalletjies sluit in tuisgebak, geskenke, eetgoed, drinkgoed, karwas, mooi goed, klere, blomme, plante en vele meer.

Die mark word op die hoek van Cloete- en Essenwoodstrate gehou.

Vir meer besonderhede, skakel Belinda by 079 904 0131.

Back to top button