Bekende HA!Man tree by Le Chateau-gastehuis op

DIE internasionaal bekende HA!Man, of te wel Francois le Roux, een van Suid-Afrika se beste uitvoerprodukte, is binnekort terug in Suid-Afrika en hy tree op 31 Mei om 7nm by Le Chateau Gastehuis en Konferensiesentrum in Terenure op.

HA!Man is ʼn tjellis en veelvuldige kunstenaar wat jaarliks sy eie formaat van klassieke, spontane musiekmaak op reis rondom die wêreld neem. Hy improviseer met elektroniese musiekinstrumente, sy tjello en keybord, sang, dans en fluit om musikale grense oor te steek.

Sy musiek wil nie noodwendig rasioneel gedefinieer word nie, maar maak ‘n stukkie energie los diep daar binne wat selfs as genesend ervaar kan word.

Kaartjies kos R150 elk en sluit in sop, sjerrie en tuisgebakte brood. Kaartjies is beskikbaar by 011 393 4949.

Exit mobile version