AP Kerk Kempton Park hou kermis

Die AP Kerk Kempton Park hou op 24 Maart sy kermis wat om 9vm met ‘n boere-ontbyt afskop.

Deur die dag sal daar ook eetgoed te koop wees soos maalvleis, wors, roosterkoek, worsbroodjies, potjiekos, poeding, pannekoek, vetkoek en maalvleis, kerrie-en-rys, jaffels en gebak.

Daar is ook ‘n teetuin, gebak, handwerk, geskenke, tweedehandse boeke, witolifanttafel, plante, groente, konfyt, heuning, eiers en baie ander stalletjies.

Kinders kan hulself op ‘n springkasteel vermaak.

Vir meer besonderhede, skakel Marié by 081 452 2980 of Marietjie by 082 879 7645.

Die kerk is op die hoek van Rietfonteinweg en Pioneerstraat, Glen Marais.

Exit mobile version