AP Kerk hou mini-kermis

DIE AP Kerk Kemptonpark, h/v Rietfonteinweg en Pioneerstraat in Glen Marais, vier sy 29ste verjaarsdag met ‘n mini-kermis op 10 September vanaf 9vm.

Daar is verskillende potjies, byvoorbeeld afval, wild, skaap, hoender en nog vele meer. Dit word bedien met rys, stampmielies, koring of ‘n sny tuisgebakte brood teen R35 vanaf 11vm. Jy is welkom om jou eie houer saam te bring.

Vanaf 9vm is daar slaaie, tuisgebakte brode, konfyte, heuning, koeksisters, pannekoek, poeding, koffie en tee beskikbaar. Vir die kleinspan is daar ‘n springkasteel om hulle besig te hou.

Vir meer besonderhede, skakel Elma by 073-972-1267 of Marietjie by 082-879-7645.

Exit mobile version