Afrikaanse opskop met jong sterre by Carnival City

Van Suid-Afrika se jong talent is op 20 Oktober  op pad na Carnival City se Big Top Arena om ‘n lekker Afrikaanse vertoning aan te bied.

Dié nuwe konsep word deur die organiseerders beskryf as ‘n popsokkie-opskop en is ‘n regte opskop waar jonk en oud skoene gaan uitskop en die hele aand deur dans.

Die agt kunstenaars wat deel vorm van die Jonk in Afrikaans-konsert is Elvis se Seun, Franja du Plessis, Chané Valentine, Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Tussen Sterre, Irene-Louise van Wyk en Heidi.

Kaartjies kan slegs by Computicket gekoop word en kos tussen R120 en R250 per person.

Exit mobile version