School sportSport

Vier Kempie-spanne in krieketfinale

Atletiekspan wen sportfees in Mosselbaai

VIER van Hoërskool Kemptonpark se krieketspanne het die finaal van die Platinum-liga gehaal wat hierdie week en volgende week gespeel sal word.

Die eerste span het hul semi-finaal teen Hans Moore met 21 lopies gewen en speel Saterdag teen Dr EG Jansen in Platinum-ligafinaal.

Teen Hans Moore het Kempies 146/0 in hul kolfbeurt behaal, waarna Hans Moore vir 125 uitgeboul is.

Wilber van Dyk het 62 lopies geslaan vyf paaltjies vir 23 lopies in 10 beurte platgetrek.

Die tweede span het hul semi-finaal met sewe paaltjies teen Benoni High gewen en speel Saterdag ook teen Dr EG Jansen in die finaal.

Benoni High is vir 86 uitgeboul waarna Kempton 87/3 aangeteken het. Alre Theron het vier paaltjies gevat.

Die derde span pak ook vir Dr EG Jansen nadat hulle met Hugenote in die semi-finaal afgereken het. Kempies het 181/4 behaal en Hugenote vir 95 uitgeboul om met met 86 lopies te wen. Lieu van Schalkwyk met 55 en Dean Koch met 37 was die beste kolwers.

Hulle finaal word Donderdag, 22 Oktober gespeel.

Die O/15B span het Dr EG Jansen in die semi-finaal geklop om ‘n plek teen Hugenote in die finaal op 21 Oktober te verseker. EG Jansen is vir 107 uitgeboul, waarna Kempton 108/6 behaal het om met vier paaltjies te wen.

André Last het 31 lopies geslaan.

Netbal: Kempies se O/15A netbalspan is net voor die vakansie as die Tuks Fastnet-kampioene van 2015 aangewys.

Hulle het al nege hul poelwedstryde gewen en in die finaal met 24-18 met Affies klaargespeel.

Atletiek: Kempies het aan die Top 10 Mosselbaai Rawson-sportfees deelgeneem en as wenner uit die stryd getree. Jim Fouche van Bloemfontein was tweede en La Rochelle van Paarl derde.

Kempton se atlete wat die beste volgens die ASA-tabel gevaar het, was:

Ryno Blom (gewigstoot 919, skyfwerp 917), Rachel Wepener (gewigstoot 916), Cindy von Ahlefeldt (200m 852, 400m 813), Kyla Meyer (800m 830, 400m 807), Sherine van der Westhuizen (200m 826), Buksie Swart (200m 807).

Muurbal: Kempies 1 het die A liga gewen. Die uitslae van die laaste wedstryde was: Kempies 2 verloor 4-9 teen CBC 1, Kempies 2 wen 12-0 teen CBC 2, Kempies 1 wen 10-3 teen Vertitas 1.

Back to top button