School sportSport

Jeugie is die vinnigste atleet in SA

Hy het ook goud in die aflos behaal

HOËRSKOOL Jeugland se Darren de Bruin is vir die tweede jaar Suid-Afrika se vinnigste 100m atleet en nou ook die SA rekordhouer.

Die 2015 Suid-Afrikaanse byeenkoms is vanjaar in Rustenburg gehou en Darren het gemaklik na die finaal vir S0/19 deurgedring.

Darren het die finaal in ‘n nuwe Suid Afrikaanse rekordtyd van 10.34 sekondes afgenael wat hom die vinnigste Suid-Afrikaanse skole-atleet in die geskiedenis maak. Darren het ook by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe aan die 4x100m aflos vir Gauteng deelgeneem waar hy en sy spanmaats goud ontvang het.

Hy het in 2014 net buite die Suid-Afrikaanse rekord van 10.44 sekondes gehardloop en die goud ontvang met ‘n tyd 10.47 sekondes.

Hy word deur Jaco van der Merwe afgerig.

Back to top button