School sportSport

Kempie hardloop uitstekend vir 4de plek

Pietersburg se krieketspanne te sterk vir Kempton

WARNO Potgieter en Simoné Weitz van Hoërskool Kemptonpark het die afgelope naweek as deel van die SA-span aan die Southern Region-landloopkompetisie in Malawi deelgeneem.

Warno het ‘n fenominale wedloop gehardloop en ‘n vierde plek behaal. Simoné was 85ste in haar wedloop.

Die skool se hoofmeisie, Monique Wagner, is vir die ACC Africa junior span gekies wat van 5-8 Maart in Ethiopië gaan deelneem.

Krieket: die eerste span het die naweek naelskraap teen Pietersburg verloor. Pietersburg het eerste gekolf en 255 lopies aangeteken.

Kempton kons slegs 246 haal en het ‘n nege lopies verloor.

Die 0/15’s het ook teen Pietersburg verloor. Kempton het eerste gekolf en 111 lopies geslaan. Pietersburg het112/1 aangeteken om met nege paaltjies te wen.

Judo: Byron Grobler, Kevin Devenish en Monique Cordier het hul nasionale kleure verwerf. Hulle gaan in April in Skotland deelneem as deel van die SA-span.

Back to top button