School sportSport

Blitsige Jeugie in Suid-Afrika se junior span

Darren de Bruin maak groot opslae in die atletiekwêreld

HOëRSKOOL Jeugland se uitblinker-atleet, Darren de Bruin, is vir die junior Suid-Afrikaanse atletiekspan gekies wat van 5-8 Maart in Addis Ababa, Ethiopië, aan die CAA Africa Junior-kampioenskappe gaan deelneem.

Hy gaan aan die 100m en 4x100m aflos deelneem.

Darren het groot opskudding in 2014 gemaak toe hy as Suid-Afrika se vinnigste atleet bekroon is toe hy die 100m by die Suid Afrikaanse kampioenskappe gewen het met ‘n tyd van 10,42.

Jaco van der Merwe, afrigter en personeellid by Hoërskool Jeugland sê: “Ek is baie bly vir Darren. Hy werk hard en verdien elke bietjie geluk wat na sy kant toe kom. Ek weet Darren het nog nie sy beste tyd gehardloop nie, maar die dag is naby en dan moet jy nie jou oog knip nie, want dan kan jy dit net dalk mis.”

Jeugland en die hele gemeenskap is agter Darren en wens hom die beste toe.

Back to top button