School sportSport

Kempies wen massa-atletiek

Die krieketseisoen is ook weer opdreef

KEMPIES het die massa-atletiekbyeenkoms, waaraan bykans 1 000 deelgeneem het, gewen.

Kempies, wat die byeenkoms aangebied het, was eerste met 686 punte.

Tweede was Monnas (622), gevolg deur Eldoraigne (399), Vereeniging Gimnasuim (334) en Wesvalia (195).

Die volgende Kempie-atlete het meer as 900 punte op die ABSA-tabel verower:

Kayla Meyer (800m 0/14 945), Rachel Wepener (gewigstoot 0/17 945), Elzaan van Tonder (gewigstoot 0/17 931), Simone Weitz (1500m 0/16 905).

Krieket: vs Merensky: eerstes: Kempies kolf eerste en teken 221 aan. Merensky teken 222/9 aan en wen met 1 paaltjie.

0/15: Kempies wen met 193 lopies. Kempies 273/7. Merensky 80 almal uit.

Uitblinkers: Francois Marais (112 van 116 balle), Francois Stom (72 van 123 balle), Ruan van Dyk (4/17 in 7.4 beurte), Ruan Wilmans (3/16 in 4 beurte).

Krieket Pro 20:

Eerste span vs Hugenote: Kempton wen met 163 lopies. Kempton 244/2. Hugenote 81/8.

Uitblinkers: Man van die wedstryd is Divan de Beer (134 lopies van 65 balle – 11 viere en 9 sesse).

Tweede span vs Dr EG Jansen: Kempton verloor met 46 lopies. EG Jansen 156. Kempton 108.

Skaak: Annika du Plessis het aan die SA Skaakkampioenskappe deelgeneem en die “Wildcart”-toernooi vir 0/14 gewen.

Hiermee kwalifiseer sy vir die nasionale proewe later in die jaar.

Back to top button