School sportSport

Kempies deur na Easterns-halffinale

Die eerste- en 0/15 spanne kom Saterdag teen Jeugland te staan.

BEIDE die eerste- en 0/15A krieketspanne van Hoërskool Kemptonpark is in die Easterns-liga se semi-finale nadat hulle Saterdag met Benoni High School afgereken het.

Albei spanne speel Saterdag teen hul tradisionele derby-teenstanders, Jeugland.

Kempies se eerstes het in hul 50 beurte 246/9 teen Benoni aangeteken. Benoni is daarna vir 167 in 42 beurte uitgeboul, wat aan Kempies ‘n 79-lopie oorwinning besorg het.

Die uitblinkers was David Mostert (64), Divan de Beer (60 en 3/28 in 6 beurte), Wilber van Dyk (24), Anre Craven (3/35 in 10 beurte), Jimmy Mpalane (2/11 in 7 beurte) en Ruan Janse van Rensburg (2/20 in 5 beurte).

Die 0/15A’s het Benoni vir 149 in die 38ste beurt uitgeboul, waarna hulle 153/3 in die 33ste beurt gemoker het om met sewe paaltjies te wen.

Die uitblinkers was JP Bloem (52* en 4/17 in 8 beurte), Brendan Schmidt (33*), Coenie van Deventer (32), Brendan Schmidt (4/22) en Kyle Schmidt (2/28 in 7 beurte).

Koor: Die koor het Vrydag ‘n “flash mob” in Glen Acres Spar gehad. Die Kempie-koorlede het by verskeie kosstasies in die Spar “gewerk”. Hulle was van slagters tot bakkers, sushi-makers tot pizzasnyers.

Die gemeenskap en koorouers was aangeneem verras deur die optrede in Spar. Die bestuurder, Clive Gould, het sy volle ondersteuning gegee met al die nodige reëlings.

Rugby: Coke 7’s toernooi: Die eerste span het vir derde en vierde plek uitgespeel en Noordheuwel met 53-13 geklop.

Francois Erasmus verdien spesiale vermelding. Hy het 76 punte in die toernooi aangeteken.

Swem: Lize-Mari de Beer het op 13 September Sentraal-Gauteng tydens die Highveld Internasionale swemkampioenskappe verteenwoordig. Sy twee goue medaljes in die 200m individuele wisselslag en 200m individuele wisselslagaflos verower.

Back to top button