School sportSport

Hartseer rugbynaweek vir Kempies

Beide die eerste- en 0/14 rugbyspanne word uit die Beeldtrofee geskakel

“So naby en tog so ver!” Dit was die woorde op die Kempies se lippe na Saterdag se Beeldtrofee kwartfinaal tee Nelspruit.

Eers moes die 0/14 spannetjie die teleurstelling ervaar toe hulle met 13-13 gelykop teen Nelspruit te speel, net om op ‘n tegniese punt uitgeskakel te word – Nelspruit het die eerste drie gedruk.

Die eerste span het al die speelwerk gedoen, net om in die doodsnikke deur Nelspruit, wat tot hul krediet nooit ophou speel het voor die eindfluitjie geblaas het nie, geklop te word.

‘n Geelkaart en ‘n paar foute wat net aan die druk toegeskryf kan word, het ‘n voorsprong van 29-16 met sewe minute speeltyd oor sien verdwyn om uiteindelik in ‘n wentelling van 33-29 vir Nelspruit te verander.

Die teleurstelling was groot , maar daar kan steeds met trots teruggedink word aan die pragspel wat deur die jaar deur die seuns gelewer is.

Spanredenaars: Kempies is vanjaar weer die beste skool in Suid-Gauteng in die ATKV spanredenaarskompetisie. Vier spanne is as wenners aangewys en een as naaswenner.

Die wenspanne was graad 9 span 2, graad 11 span 2, graad 12 span 1 en die senior prestige-span.

ATKV Tienertoneel: Die produksie, “Ek is…”, het as naaswenners deurgedring na die Mpumalanga-streeksfinaal.

Individuele toekennings het gegaan aan Marcel Spaumer (skrywer silwer), Juandré Breytenbach (verhoogbestuur brons), Demi-Lize Shandos (akteur brons), Marnus Gruber (akteur silwer), Nicolene Joubert (akteur silwer), Chanté de Bruyn (beligting silwer), ensamble spel silwer, Freddie van Rooyen (akteur goud), Jeanette Roodt (regie goud, inkleding van verhoog silwer).

Skaak: Anika du Plessis is vir die Oos-Gautengspan gekies wat in Januarie aan die SA’s sal deelneem. Sy is ook vir die 0/14 SA span gekies wat in September aan die wêreld-jeugkampioenskappe deelneem.

Ruitersport: Tydens die Ekurhuleni prysuitdeling het al vier ruiters sertifikate ontvang nadat hulle vir die Ekurheleni-span gekies is. Die span het ook ‘n trofee ontvang nadat hulle vierde uit nege skole was.

Reinet Venter is aangewys as die ruiter wat die meeste punte vir die skool behaal het en het ‘n trofee ontvang. Sy het ook ‘n toewydingstrofee ontvang vir haar deelname aan vier items by al vier skoue. Sy en haar perd is aangewys as nommer 7 in die Top 10 perd- en ruiter-kombinasies uit die bykans 200 ruiters wat aan die Ekurhuleni-skoue deelgeneem het. Daarvoor het sy ‘n verdere trofee gekry.

Gholf: Die A- en B-spanne was derde in die liga terwyl die C-span die liga gewen het.

Hokkie: 0/14A, 0/15A en die eerste span het die afgelope naweek aan die Noordvaalkampioenskappe deelgeneem.

Muurbal: Marnél Redelinghuys (0/19) en Marno Lindeque (0/16) het hul Oos-Gautengkleure verwerf.

Landloop: 2de ligabyeenkoms: Beide die seun- en meisiespanne het hul afdelings gewen.Individueel: Zanie Labuschagne (3de), SJ Steinberg (4de), Marizaan McCabe 4de), Simonay Weitsz (1ste), Mark Pritzen (2de), Michaella Tyrell (4de, Johnic Smith (4de), Carla du Randt (1ste), Wouter van Biljon (2de), Cecelia Stramrood (3de), Louisa Stramrood (4de), Jessica Bezuidenhout (2de), Warno Potgieter (1ste), Tiffani Bell (2de), Sune Jonker (4de).

Tennis semi-finale: Seuns: Kempton B 43 vs Bracken A 29, Kempton C 47 vs Marais Viljoen D 9.

Meisies: Kempton C 23 vs Alberton High A 33.

Krieket: T20: eerstes vs Jeppe: Kempies wen met 4 paaltjies (Jeppe 121, Kempies 122/6). David Mostert (2/18), Zander Els (32).

0/15 vs Dinamika: Kempton wen met 9 paaltjies (Dinamika 117, Kempies 121). Kyle Schmidt (54), Brendon Schmidt (45).

0/15 vriendskap vs Randburg: Kempies wen met 102 lopies (Kempton 294, Randburg 192). Brendon Schmidt (102), Kyle Schmidt (2/18).

Liga vs Hans Moore: 2des: Kempies wen met 2 paaltjies (Hans Moore 140/10, Kempies 141/8).

1stes: Kempies verloor met 3 paaltjies (Kempton 164/10, Hans Moore 168/7).

0/15: Kempies wen met 159 lopies (Kempies 228, Hans Moore 69). Francois Marais (47 van 24, man van die wedstryd), Kyle Hatman (44).

Eerste span in aksie

0/14 span in aksie

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button