School sportSport

Vyf Kempie-spanne wen Valke-liga

Beeldtrofee-uitspele is Saterdag by Hoërskool Kemptonpark

HOËRSKOOL Kemptonpark se uitslae vir die afgelope week:

Judo: Byron Grobler (gr 10) het die vakansie aan die SA Ope deelgeneem waar hy eerste in sy gewig/ouderdom was.

Rugby: Delaah Kruger is na die Reitz provinsiale week vir SA plattelandspan gekies wat na Britanje gaan toer.

Na afloop van die Valke-finaal het die volgende spanne as Valke-wenners uitgetree: O/14B, O/14C, O/15B, O/15C en derde span.

Die O/14, O/16A en tweede span was Valke naaswenners.

Uitspele vir die Beeldkompetisie vind die naweek by Kempies plaas.

Toneel: Kempies het Saterdag ‘n diploma (96%) by die kunswedstryd ontvang.

Individuele toekennings: Marnus Gruber (beste akteur), Nicolene Joubert (beste aktrise), Freddie van Rooyen (beste ondersteunende akteur), Demi-Lize Shandon (beste ondersteunende aktrise).

Netbal: Die O/14A span het vir die Gautengkampioenskappe op 9 Augustus gekwalifiseer nadat hulle die naweek vier van hul wedstryde in die Ekurhuleni-uitspele gewen het, terwyl een gelykop was.

Hokkie (meisies): Die eerste span het die naweek aan die Pullen & Howell-trofee saam met top privaat skole deelgeneem. Spanne word uitgenooi om aan hierdie toernooi deel te neem.

Kempies vs Trinity House 0-0, Kempies vs Hugenote 0-0, Kempies vs St Andrews 0-0.

Landloop: Kempton was tweede tydens ‘n groot vriendskaplike wedloop wat deur Vorentoe gewen is.

Artisties gimnastiek: Bosveldkompetisie (Brits en Kempton-kompetisie – Gymagic):

Elandi de la Rey (silwer vlak 2), Megan van Niekerk (goud vlak 3), Shanea du Plessis (silwer), Zhandi van Eeden (vierde), Zelmarie Hoogenboesem (brons vlak 5), Sheé Lotz (brons), André Geyer (goud vlak 7).

André het die eerste Kempie geword wat die moeilike Shukahara-sprong gedoen het. Boonop het hy ‘n 9 uit ‘n moontlike 10 daarvoor gekry.

Back to top button