Kempies verloor naelbyter met 33-27
'n Drie in die laaste sekondes van die wedstryd besorg aan Dr EG Jansen die oorwinning
KEMPIES se eerste rugbyspan het Saterdag tuis ‘n wipplank-wedstryd teen Dr EG Jansen in die doodsnikke met 33-27 verloor.
Dr EG Jansen het in die laaste sekondes ‘n drie gedruk om koning te kraai. Die twee skole was laasjaar die finaliste in die Beeldtrofee vir makro-skole.
Die tafel vir nog ‘n naelbyter is deur die junior spanne gedek. 0/15 het met 19-19 gelykop gespeel met die laaste skop van die wedstryd wat aan Kempies die gelykopuitslag besorg het.
By die 0/16 spanne was dit Dr EG Jansen se strafskop wat die uitslag van 16-15 in hul guns beklink het. Dit was ook die laaste aksie van die wedstryd.
Die uitslae was: O/14A 31-0, O/14B 19-0, O/14C 7-21, O/15A 19-19, O/15B 11-7, O/15C 45-7, O/16A 15-16, O/16B 5-14, vyfdes 57-0, vierdes 6-22, derdes 31-5, tweedes 36-19.
Netbal: liga vs Jeugland: O/14A 30-8, O/14B 16-0, O/14C 9-7, O/15A 29-5, O/15B 31-12, O/15C 6-14, O/16A 26-21, O/16B 25-16, O/16C 33-0, O/17A 26-7, O/17B 27-2, O/19A 29-25, O/19B 16-14.
Meisie-hokkie: liga vs Dr EG Jansen: O/14A 3-1, O/14B 5-0, O/15A 2-3, O/15B 3-0, O/16A 0-2, O/16B 0-1, tweedes 1-2, eerstes 3-2.
Engelse debat: Die spanne het Saterdag aan die SACEE-liga by Birchleigh deelgeneem. Die junior span het rondte 3 teen Willowmoore gewen en rondte 4 teen Benoni verloor.
Die senior span het rondtes 4-6 teen Birchleigh A, Birchleigh Educational College en Birchleigh B gewen.
Albei spanne het na die provinsiale ligakampioenskappe deurgedring.
Seunhokkie: Die eerste span het die naweek aan die Aitkentoernooi deelgeneem en was vierde uit 16 skole.
Uitslae: vs Curio 3-1, vs Woodlands 3-2, vs Mondeor 1-0, vs Kings College 0-1, vs Linden 1-2 met doelskiet.
Liga vs Veritas: O/16 0-0, eerstes 1-3.
Muurbal: liga vs Veritas: Kempies 2 vs Veritas 1 wen 9-5, Kempies 4 vs Veritas 2 wen 9-4.
Marno Lindeque was eerste in die B-afdeling van die Oos-Gauteng geslote muurbaltoernooi vir seniors deur die naaswenner met 3-1 te klop.
Hy word volgende jaar na die A-afdeling bevorder.
Skaak: liga vs Sir Pierre: O/18 wen 4-2, O/15 wen 6-0.
Krieket: Die volgende seuns het hulle Easterns klubkleure verwerf: Coenie van Deventer, Francoise Stoman, Dallyn de Goede, Louis Geldenhuys, Wilber van Dyk, Zander Els en Divan de Beer.
Hulle gaan in Julie in Benoni teen internasionale spanne speel.