EntertainmentLifestyle

Schalk praat oor sy wortels, grendeltyd en politiese korrektheid

Van sy begin as Borat in 'n groentjiekonsert tot die huishoudelike naam wat mense grendel-vermaak gebied het, vertel Schalk Bezuidenhout (28) oor sy wortels wat uit Kempton Park spruit.

Van sy begin as Borat in ‘n groentjiekonsert tot die huishoudelike naam wat mense grendel-vermaak gebied het, vertel Schalk Bezuidenhout (28) oor sy wortels wat uit Kempton Park spruit.

Schalk vertel hoe hy Kaap toe getrek het direk na sy matriekjaar in Hoërskool Jeugland.

“Mense is meer bekend met Benoni, Brakpan en Boksburg, want dit is al deel van mens se verwysingsraamwerk as gevolg van al die grappies.

“Mense gesels oor die Oos-Rand en hoe die wyer Suid-Afrikaanse gemeenskap diegene vandaar afkomstig soms beskou as zef of tappit. In die begin van my stand-up was ek baie kras, want mens dink dat dit snaakse waarde aan die grappies heg.

“Mettertyd bereik mens ‘n maturity en hoef jy nie so baie te vloek nie, alhoewel ek tog kragwoorde soms gebruik.”

In die laaste drie jaar het hy ‘n geweldige trots vir die Oos-Rand gekweek en het terug verhuis Johannesburg toe.

“Ek love om te sê ek is van Kempton omdat ek al beleef dat die mense egte mense-mense is. In die Oos-Rand is dit werklik what you see is what you get.

“Die magic van stand-up is om die persoon te ervaar in teenstelling met ‘n karakter. As mens net ‘n karakter wil sien, dan gaan kyk jy ‘n teaterstuk. Mense wil graag stand-up vertonings bywoon om jou storie te hoor.”

Talle in Kempton sal Schalk se pa ken as Mnr Bezuidenhout wat geskiedenis by Jeugland aangebied het, en word onthou vir sy droë sin vir humor.

“Ek het defnitief ‘n passie ontwikkel vir performing toe ek jonk was en het dit by my ma geërf. Ek is baie dankbaar dat my ouers my die geleentheid gegun het om my graad te studeer.”

Schalk het vertel dat sy ouers tog probeer het om hom in die joernalistieke veld, of selfs as ‘n prokureur-rigting, te lei.

“My ma het altyd gesê ek kan redineer, want ek het debat gedoen op skool en dat ek ‘n goeie argument kan voer.”

Mettertyd het sy ouers besef hy mik graag vir die verhoog. Hy het vertel dat hy in sy groentjiekonsert Borat gespeel het, maar het nie die neon-geeltuniek gedra nie.

LEES OOK:

Johan en Sarie Brits vier 50ste huweliksherdenking

“Ek kon Sacha Baron Cohen se stem goed namaak en die matrieks het my in ‘n ill-fitting pakklere aangetrek en ‘n groot koukiepen-snor op my lip geteken.”

Sedertdien was Schalk ‘n gevestigde komediese troos vir mense gedurende grendeltyd. Hy’t gebieg dat die begin van sy aanlyn Facebook-materiaal vreemd was sonder die nabyheid van sy gehoor.

“Soos met enige iets raak mens gewoond daaraan. Die eerste keer van stand-up was vir my vreemd, maar nou is dit soos tweede natuur.”

Die aanlynoptredes is iets wat Schalk van nou af meer gereeld sal doen.

“As ek nou klaarmaak met ‘n live-show-toer weet ek nie almal kon dit sien nie. Mens kan net sowel vir ‘n laaste keer so ‘n vertoning aanlyn gooi vir almal se genot.”

Daar was ligweg geraak aan die onderwerpe van politiese korrektheid en cancel culture, waartoe Schalk ‘n gebalanseerde beskouing handhaaf.

“Ek was nog nooit sedert ek begin het in 2011 daarop uit om mense te ontstel of seer te maak met my komedie nie. As die gehoor geaffronteer word deur vloekwoorde aan die ander kant, then this isn’t the show for you.

“Daar is ‘n ding soos “te” en mens moet limiete handhaaf, maar tog moet komediante edgy wees en boundaries push. Daar is ‘n verskil tussen edgy en blatant beledigend.”

 Hy vermoed dat diegene wat mal daaroor is om aanstoot te neem, voel moontlik deel van iets groter en dat hulle opstaan teen onreg.

“Cancel culture kan baie gevaarlik wees. Ek glo nie alle aanstootlike goed moet onder dieselfde kam geskeer word in so mate dat iemand wat skuldig gevind is nie kans gegun word tot verlossing nie.”

Insidente wat aanstootlike beskulidigings bevat moet individueel geöordeel word, volgens Schalk. Dit sal veroorsaak dat vermaaklikheidsfigure nie onnodig verdoem word nie.

Also follow us on:

 

Check Also
Close
Back to top button