School sportSport

Kempie moker 205 teen Dinamika

Brandon Robbeson het 5/20 platgetrek en Nathan Grobler 4/11.

Francoise Stoman van Hoërskool Kempton Park het ’n uitsonderlike beurt van 205 lopies in die eerste krieketspan se wegholoorwinning met 350 lopies teen Dinamika gespeel.

Kempton het eerste gekolf en 401/9 in 50 beurte gemoker. Dinamika is daarna vir ’n skrale 51 uitgehaal.

Brandon Robbeson het 5/20 in nege beurte platgetrek en Nathan Grobler 4/11 lopies in sewe beurte.

Skaak: die senior span het na ’n baie lang dag en strawwe kompetisie as wenners in die distrik uitgetree en gaan op 25 Augustus aan die Gauteng-skolekampioenskappe deelneem.
Gholf: die A-span was derde en die B-span vyfde uit 14 spanne.

Rugby: laaste ligawedstryd vs Rustenburg: o-14A verloor 8-41, o-14B verloor 7-34, o-15A verloor 0-43, o-15B verloor 13-38, o-16A verloor 5-29, o-16B verloor 0-36, derdes gelykop 7-7, tweedes wen 38-0, eerstes gelykop 24-24.

Die tweede span het hul liga gewen, terwyl die o-16A en eerste span gekwalifiseer het om aan verdere uitspele deel te neem.

Tiaan Venter van die Kempies bring ’n teenstander grond toe tydens ’n ligawedstryd teen Rustenburg. In die agtergrond is Enrique Janse van Vuuren. Foto: Nico Strydom.

 

Kyk hier na nog rugbyfoto’s

Landloop: liga 1 vs Hans Moore: junior meisies, junior seuns en senior meisies almal eerste, senior seuns tweede (Kempies algeheel eerste). Liga 2 vs Birchleigh: junior meisies eerste, junior seuns derde, senior meisies tweede, senior seuns tweede (Kempies algeheel eerste).

Ringbal: meisies o-18 wen een, verloor twee; o-17A wen een, verloor een; o-17B wen twee; o-17C verloor een; o-15A wen twee; o-15B wen een, verloor een; o-15C verloor twee. Seuns: o-18 wen twee; o-17 wen een, verloor een; o-15 verloor twee.

Jukskei: seuns o-19A wen Oosterlig 10½-4½ en Panorama 13-2, o-19B wen Olimpia 15-0 en verloor teen Oosterlig 7-8, o-16 wen Panorama 8-7 en verloor teen Hugenote 7-8.

Meisies: o-19A verloor teen Oosterlig 7-8 en teen John Vorster 4½-10½, o-16A wen Voortrekker 8-7 en verloor teen John Vorster 5½-9½, o-16B verloor teen Oosterlig 4½-10½ en teen John Vorster 2-13.

Gemeng: o-19A wen Kempies B 10½-4½ en Olimpia 15-0, o-19B Kempies verloor teen Kempies A 5½-9½ en teen Panorama 7-8.

Gimnastiek: Doné Celliers was negende en Amoney le Roux sesde in vlak 4 by die eerste byeenkoms van die drie-maandelange kompetisieseisoen.

Revue: die revuegroep het Vrydagaand aan hul eerste kompetisie deelgeneem en ’n tweede plek verower.

Back to top button