School sportSport

Kempies verloor in laaste minute van Virseker-beker se kwartfinaal

Kempies het groot veggees gewys met die telling op 27 elk vyf minute voor die einde

KEMPIES se eerste rugbyspan het Saterdag, ondanks ‘n aanskoulike drieëfees, hul wedstryd teen Garsfontein in die Virseker-bekerkompetisie met 34-27 verloor.

Kempies het groot veggees gewys met die telling op 27 elk vyf minute voor die einde van die wedstryd.

Garsfontein het in die laaste minute ’n drie gedruk en dit verdoel wat die wedstryd in hulle guns geswaai het.

Die stryd was enige skolerugbyliefhebber se droom met albei spanne wat aanskoulike rugby opgedis het.

Kempies se punte is aangeteken deur Etienne Poultney (2 drieë), Quinton Fincham (drie, 2 doelskoppe, strafskop) en Ewardt Steyn (drie).

Kempies se o-16A span het met 64-10 teen Menlopark verloor.

Back to top button