Touch of Class tree by Kairosteater op

Touch of Class met Deon van der Merwe en Ruhan du Toit is die gaskunstenaars by Kairosteater se konsert op 23 Augustus.

Hulle gaan ‘n verskeidenheid van hul musiek wat klassiek, Afrikaans en Engels insluit, die aand aanbied.

Die teater, geleƫ is op die perseel van die NG Gemeente Kempton Hoogland, 85 De Wiekusweg, Van Riebeeckpark.

Kaartjies kos R130 onder by die tafels en R100 (volwassenes) en R80 (skoolkinders) op die galery. Teatergangers kan hulle eie kosmandjies pak vir die geleentheid.

Die konsert begin om 7nm vir 7.30nm.

Vir besprekings, skakel Annatjie Krige by 082 454 3520.

Back to top button