Afrikaanse sangers bring tydlose treffers na die verhoog

TYDLOSE Tunes, deur Gerhard Steyn en Jakkie Louw, word op 4 Augustus in die Theatre of Marcellus aangebied.

Die vertoning is spesiaal ontwikkel en geskryf deur Steyn en Louw en bied iets heel anders as wat mens normaalweg van die twee sterre sou verwag.

Word teruggevoer oor tyd heen met spesiaal verwerkte goue treffers, beide internasionaal en plaaslik, maar verwag hiermee saam tong-in-die-kies stories en vertellings soos net die twee dit kan doen.

Die 90-minute vertoning is gesinsvermaak uit die boonste rakke en gepas vir alle ouderdomsgroepe. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Back to top button