Editor's choiceLocal newsNews

Mes se baba- en kleuterkompetisie is nou oop

Groot pryse kan ook in die sangkompetisie gewen word

MES Kemptonpark Kinderfees vind op 26 Augustus plaas en ‘n hoogtepunt elke jaar is die baba- en kleuterkompetisie.

Inskrywings kan in een van ses kategorieë plaasvind: 0-12 maande, 12 tot 36 maande en 3-6 jaar (seuns en meisies en elke afdeling). Die inskrywingsgeld is R45 en wenners sal by die kinderfees aangekondig word.

Botho Mokoena.

Foto’s sal voor die fees by verskeie kleuterskole geneem word of ‘n afspraak kan direk met Mike McLaughlin van Photomac Photography gereël word by 071 686 2168.

Vir meer inligting oor die fotokompetisie, kontak Luwanda Conco by luwanda@mes.org.za.

Vyf kinders sal weekliks in Kempton Express verskyn en die foto’s word willekeurig gekies. Ongelukkig kan ons nie al die foto’s plaas nie. Elke kind wat inskryf sal ‘n A5 grootte foto ontvang.

Jack-Martin Ward.

Pryse vir al die wenners van elke kategorie:

• 1ste prys: R600 plus ‘n familiefotosessie saam met Mike McLaughlin (T&V geld)

• 2de prys: R300

• 3de prys: R100

Die fees word by Dries Niemandtpark aangebied en bied aan ‘n verskeidenheid ritte vir kinders, vlooimarkte, kosstalletjies en ander vermaak gedurende die dag. Dit gaan ‘n pretdag wees vir gesinne om saam te kom en die begin van die lente te vier.

Simthembili Nqini.

Indien jy ‘n vlooimarkstalletjie wil bespreek, kontak Duane Edwards by duane@mes.org.za.

MES Kemptonpark het ook onlangs, in samewerking met Kempton Express, ‘n sangkompetisie geloods. Almal met sangtalent (13 jaar en ouer) word aangemoedig om in te skryf.

Die eerste prys is R3 000 en ‘n CD en You Tube-opname van een lied; die tweede prys is R2 000 en ‘n CD opname van een lied; en die derde prys is R1 000.

Die oudisieaand is op 7 Augustus en die semi-finaal op 14 Augustus. Wenners sal by die fees aangekondig word.

Vir meer inligting, kontak Luwanda Conco by luwanda@mes.org.za.

Steven Ward.

Die fees is die tak se grootste fondsinsamelingsprojek vir die jaar. Fondse wat tydens die fees ingesamel word, sal tot voordeel wees van die bestaande programme sowel as die vestiging van nuwe programme by die Kemptonparktak.

Daar is reeds verskeie uitgawes wat voor die tyd aangegaan moet word om die fees te laat realiseer en donasies is welkom. Verskeie geleenthede bestaan om baniere en ander bemarkingsmateriaal by die fees beskikbaar te maak en 18A-sertifikate en B-BBEE dokumentasie kan ook verskaf word.

Vir meer inligting, kontak Aloma Swanepoel by aloma@mes.org.za.

MES se kantoornommer is 011 024 4580.

Back to top button