Huis Bermuda 5 verkoop wilds- en boereworsrolle by kerk se lapa

In ‘n poging om fondse in te samel, hou Huis Bermuda 5 op Jeugdag, 16 Junie, ‘n wilds- en boereworsbroodjieverkoping.

Die verkoping vind plaas vanaf 9vm tot 2nm by die lapa van die NG Kerk Kempton-Kruin in Fiskaalstraat. Broodjies kos R20 elk.

Voorafbestellings vir aflewering kan ook geplaas word. Skakel Annette by 071 596 5786, Lucette by 083 328 9681 of Rina by 072 302 5662.

Back to top button