Editor's choiceEntertainmentLifestyle

Boeremusiekgilde hou dans vir kanker saam met bekende

Daar sal ook 'n musikante werkswinkel wees vir enigiemand wat belangstel

DIE Witwatersrand-tak van die Boeremusiekgilde hou op 27 Mei sy jaarlikse dans ten bate van kanker asook ‘n musikante werkswinkel saam met Regardt de Bruin by HoĆ«rskool Birchleigh in Olienhoutlaan.

Hierdie jaar se dans is met hulde aan Japie Laubscher saam met die bekende Suid Afrikaanse akteur en musikant, Lieb Bester.

Die dag skop om 10vm skop af met die musikante werkswinkel vir almal wat belangstel. Dit duur tot 3nm.

Die dans begin 6nm. Daar sal gratis braaivleisvure wees, asook pap en sous en eie verversings is welkom.

Ingang is R50 vir lede en R70 vir nie-lede. Kinders onder 18 kom gratis in. Donasies is welkom en daar sal ‘n veiling wees.

Vir enige navrae of besprekings vir die musikante werkswinkel, kontak Kobus op 071 011 1501 of Pieter op 072 158 7194 of vir die dans kontak Ilze op 072 610 4913.

Check Also
Close
Back to top button