Editor's choiceLettersOpinion

Worshond sê dankie

Na 'n 10% oorlewingskans is Zinnia perdfris en gesond

ZINNIA die worshond skryf:

Dokter Stewart Christie, hiermee wil ek uit my hondehartjie vir dokter dankie sê vir alles wat dokter vir my gedurende die afgelope elf jaar gedoen het.

Dokter het toe ek maar ses maande oud was my lewe gered van katgriep en my net ‘n 10% kans vir oorlewing gegee.

Dankie ook vir al die operasies en al my jaarlikse inspuitings wat ek moes kry teen alle hondesiektes. Nou ten laaste moes dokter ‘n delikate operasie gedoen het om ‘n gewas tussen my toontjies te verwyder, waar dokter die een toontjie moes amputeer om die gewas te kon verwyder.

Na nog ‘n operasie het ek baie goed herstel. Mag dokter net geseën word in alles wat dokter vir al ons diere doen.

Back to top button