Editor's choiceLettersOpinion

Wie het hier nie sy werk gedoen nie?

Inwoner wil weet wie die gesnyde gras moet optel

ANDRé VAN DER VYVER skryf:

Dinsdag, 21 Maart, is die sypaadjies in sekere dele van Norkempark gesny en die nagevolg daarvan was die gemors wat in die strate bly lê het.

Wie moet dit nou skoonmaak? Dit waai die hele wêreld vol en in ons tuine in.

Is dit hoe daar deur die munisipaliteit gewerk word? Dit is ‘n skreiende skande dat ons inwoners agter hulle moet skoonmaak.

Themba Gadebe, woordvoerder van die metro, antwoord:

Waar kontrakteurs aangestel word om die gras te sny, betaal die metro vir die verwydering van die afgesnyde gras.

Die metro stuur ‘n span uit om die gesnyde gras bymekaar te hark en op te tel wanneer die gras deur die metro self gesny word.

Back to top button