Editor's choiceSchool sportSport

Kempies tweede by die Top 10

Prestige College het gewen met ‘n gemiddelde punt van 1086

TYDENS verlede week se Top 10-byeenkoms by die LC de Villiers-stadion het Kempies se atlete groot karakter getoon tot hulle tweede uit 70 skole geëindig het.

Prestige College het gewen met ‘n gemiddelde punt van 1086 en die Kempies het 1046 behaal. Menlopark was derde met 1034.

Christelle Grobler (diskus en gewigstoot) en Lyndi Roelofse (1500m en 3000m) het uitsonderlik presteer deur in beide hulle items 1000+ ABSA punte te behaal.

Die volgende Kempies het almal bo 900 ABSA punte behaal:

Mieke Wilken (1500m 964), Chazel Bezuidenhout (300m hekkies 985, 90m hekkies 940), Christelle Grobler (diskus 1028, gewigstoot 1200, Lyndi Roelofse (1500m 1024, 3000m 1034), Liane van Jaarsveld (100m hekkies 1027, verspring 944), Julius Derckson (verspring 1016), Andrew Lottering (verspring 984), Juan Oosthuizen (diskus 1200, gewigstoot 922), Louwrens Gouws (100m 907, 200m 930).

Daar was ook ‘n hele paar Kempies wat individueel ingeskryf het en bo 900 punte verower het.

Hulle was Caitlyn Davies (200m 946), El-marie van Freunen (300m hekkies 983), Kirsti Bell (1500m 937), Lehane Marais (100m hekkies 934), Sherine van der Westhuizen (100m 907, 200m 906), Werich Bekker (800m 919), Quintin Pennels (100m 901).

Krieket

Kempies se eerste span het ‘n fantastiese wedstryd teen Potch Gim gewen.

Gimmies het eerste gekolf en 182 almal uit aangeteken. Kempton het 183 geslaan met slegs twee balle oor.

Schalk Kleynhans (50) en Wayne Danziel (vier paaltjies) is die grootste bydraes gelewer.

Aan die einde van Kempies se beurt het Francois Stoman met 25 lopies goeie ondersteuning gebied. Danziel se 29 van 17 balle het die oorwinning verseker.

O/15: Gimmies 215/8. Kempies 128/10. Kempies verloor met 87 lopies.

Fietsry

Die afgelope naweek het die nasionale bergfietsry-reeks in Sabie afgeskop.

Kempie-ryers Andries Nigrini Marc Pritzen was onderskeidelik vierde en vyfde. In die tweede “stage” was Marc derde en daarmee het hy ‘n algehele derde plek in die kompetisie verower.

Muurballiga

Kempies 1 wen CBC 1 9-3, Kempies 2 wen CBC 2 10-6, Kempies 3 verloor teen Hans Moore 3 10-4.

Back to top button