Pieter Koen tree by Kairos-teater op

DIE sanger en aanbieder van Jukebox en Kwêla, Pieter Koen, is die gaskunstenaar by die Kairos-teater se konsert op Woensdag, 15 Maart om 7nm vir 7.30nm.

Die teater, op die perseel van die NG Gemeente Kempton Hoogland,De Wiekusweg 85, Van Riebeeck Park.

Kaartjies kos R130 onder by die tafels en R100 (volwassenes) en R80 (skoolkinders) op die galery. Teatergangers kan hul eie kosmandjies pak.

Vir besprekings, skakel Annatjie Krige by 082-454-3520.

Back to top button